INSIGHTS

Die beheer van herfs- kommandowurm in mielies

De Wet du Toit,
Portefeuljeleier: Insekdoders

Mielies is een van die belangrikste gewasse wat jaarliks in Suid-Afrika produseer word. Dit dra nie net tot die ekonomie by nie, maar is ook ‘n voedselbron vir miljoene mense in Suid-Afrika en wêreldwyd. 

Suid-Afrika is een van die wêreld se top mielieproduseerders en ook die grootste in Afrika met ‘n jaarlikse produksie van ongeveer 14 miljoen ton mielies. Alhoewel ‘n groot meerderheid daarvan geëet word, word van dit ook as veevoer gebruik. 

Soos met enige gewas in die landbou industrie is daar altyd uitdagings en mielies is geen uitsondering nie. Produsente moet gereed staan vir uitdagings met klimaat, ekonomiese druk, swamme en natuurlik peste. Daar is nie ‘n tekort aan peste in mielies nie – bolwurm en snywurm hou boere al vir jare op hul tone.

Maar in 2017 het ‘n klein onbekende kommandowurm skade aan gewasse in die Noord-Wes en Limpopo areas berokken. Dit is aan die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou rapporteer en later as die herfskommandowurm, oftewel fall armyworm (Spodoptera frugiperda) identifiseer.

Spodoptera frugiperda is van die tropiese areas in die Verenigde State van Amerika afkomstig en is ‘n ernstige pes vir mielieprodusente in Brasilië en Argentinië. Niemand weet presies wanneer die pes oorspronklik in Suid-Afrika arriveer het nie. Die pes is vir die eerste keer in 2016 in Afrika rapporteer, maar aanvanklik as die inheemse Spodoptera spp identifiseer. 

Die pes word nou amptelik as ‘n A1-kwarantynplaag op die lys van die Europese en Mediterreense Plantbeskermingsorganisasie geklassifiseer en is ook ‘n kwarantynplaag in Suid-Afrika.

Skade en identifikasie

Omdat die herfskommandowurm op ‘n wye verskeidenheid gewasse voed, word hulle as polifagies beskryf. Daar is al skade op gewasse soos spinasie, lusern, koring en sojabone waargeneem, maar dit wil voorkom of die pes graangewasse soos mielies verkies. 

Herfskommandowurm is een van die moeiliker mieliepeste om te beheer en skade kan in die blare, sowel as die koppe en stam voorkom. Hierdie wurms kan feitlik in alle stadiums van die mielieplante voorkom, alhoewel skade meer in latere stadiums van die plant opgemerk word. 

Soos met enige pes is dit krities om so gou as moontlik beheermaatreëls toe te pas wanneer jy die pes waarneem, so monitering is belangrik. Produsente moet uitkyk vir eierpakkies onder die blaar. Eiers is geelwit, of grys indien dit reeds uitgebroei het. Die larwes wat uitbroei sal eerste op sagte plantweefsel voed. Soos wurms groter word, versprei hulle na ander plante en dis ook wanneer hul skade aan die kelk en die stam begin aanrig.

 Vroeë skade aan die blare kan soos stamboorderskade lyk so dit is belangrik om die lewendige larwes te vind en te identifiseer. Die pes voed gedurende die dag en nag maar is die aktiefste in die laatmiddag en oggendure. 

Vroegtydige beheer is belangrik en suksesvolle beheer is slegs moontlik wanneer die larwes nog klein is. Beheer moet plaasvind voor larwes in die kelk in beweeg anders is effektiewe beheer baie moeilik en die larwes goed verskuil teen meeste produkte.

Jong larwes is groen terwyl die volwasse wurms ligbruin tot swart is met drie kenmerkende geel strepe op die rug. Daar is ook ‘n breë donker streep aan beide sye van die larf. ‘n Ander kenmerkende eienskap is die larf se donker kop kapsule met ‘n liggeel y-vorm daarop. Daar is vier swart spikkels in ‘n vierkant rangskik op die tweede laaste segment van die wurm.

Beheer

In die VSA word insekdoders al vir dekades gebruik om herfskommandowurm te beheer, maar dit het self ook oor tyd probleme veroorsaak. Daar word nou gevalle van weerstand teen insekdoders rapporteer en bevestig wat die belangrikheid van verantwoordelike insekdodergebruik beklemtoon. Dis ook belangrik om ‘n volledige program te volg om hierdie weerstand te bestry. Tree ook vroegtydig op, lank voor larwes sterk en volwasse is.

Villa bied ‘n reeks oplossings en het onlangs ‘n nuwe toevoeging tot die insekdoder portefeulje. CONFLICT 19.2 EC bevat die aktiewe bestanddeel emamektien bensoaat wat aan insekdoder groep 6 behoort. 

Emamektien is translaminêr wat verwys na absorpsie van die produk aan die een kant van die blaaroppervlak sodat die aktiewe bestanddeel beskikbaar is vir insekplae wat op die ander of onbehandelde blaaroppervlak voed. Die translaminêre beweging bied beheer vir ongeveer sewe dae aan beide kante van die blaar. Die produk kan die eiers doodmaak en verskillende fases van die larwe bestry. CONFLICT 19.2 EC word ook baie vinnig opgeneem en is reënvas sodra dit droog is. 

Nog ‘n groot voordeel van hierdie aktiewe bestanddeel is dat dit slegs insekte wat direk op die plant voed affekteer en dus beperkte blootstelling het wanneer dit by voordelige insekte kom. CONFLICT 19.2 EC kan dus sterk aanbeveel word in geïntegreerde plaagebeheerstrategieë, asook gebruik word as ‘n instrument in die weerstandbestryding in Lepidoptera spesies wat weerstand teen piretroïede en organofosfate toon.

Met sy kort residuele werking gee die produk ook natuurlik ‘n gunstige residuprofiel en korter onthoudingsperiodes.

In landbou sal voorkoming altyd beter wees, dus word CONFLICT 19.2 EC aanbeveel as ‘n voldekbespuiting vroeg in die seisoen, voordat larwes in die kelk in beweeg. Die produk bied ook ‘n dosisreeks van 625–1000ml/ha. ‘n Hoër dosis word aanbeveel tydens erge infestasie.

Deur vroegtydig op te tree en die regte produkte op die regte tyd te gebruik kan ons verseker saam ‘n verskil maak. Vir meer inligting, kontak jou naaste Villa verteenwoordiger.

Share:

OTHER POSTS

Send Us A Message