Deur Dr. Brian de Villiers
ook ’n groot rol. Dit is verstommend dat sekere produsente hoërisiko tenkmengsels sonder probleme toedien, terwyl ander onverenigbaarheid met dieselfde mengsel het.
Onverenigbaarheid
Onverenigbaarheid is ’n groot probleem omdat dit flokkulasie en ander reaksies in die spuit veroorsaak. Dit lei tot ’n groot tydsvertraging vir produsente omdat spuite skoongemaak moet word om die spuitmengsels weer toe te dien. Die verlore produktiwiteit en vermorste chemiese produkte lei ook tot finansiële verliese. Die rede waarom sekere produsente met verdagte spuitmengsels wegkom is dikwels weens die spuitoplossing pH. Suur gewasbeskermingsprodukte (GBP’e), blaarvoedings, en byvoegmiddels verlaag die pH van sekere water baie meer as ander, en sodoende word die oplosbaarheid van een of meer van die tenkmengselkomponente beperk. ’n Onoplosbare produk reageer dan tydens verroering met ander produkte, en vorm vastestowwe wat siwwe en spuitpunte verstop. Hierdie problematiese waterbronne is dikwels sag, met lae ioonvlakke. Dit bewys dat alle watergehaltes uitdagings het en dat ’n mens bewus moet wees van die potensiële gevare wat spuitwater inhou.
Verlaagde oplosbaarheid
’n Verdere uitdaging van onverenigbaarheid wat deur onoplosbaarheid veroorsaak word is dat dit dikwels so subtiel is dat dit nie maklik waargeneem word nie. Al toon ’n bekertoets geen tekens van onverenigbaarheid nie, kan daar nog steeds ’n oplosbaarheidprobleem wees, wat oneffektiwiteit of selfs gewasskade veroorsaak. Dit mag dalk nie siwwe en spuitpunte verstop nie, maar die probleem kan verder in die proses, tydens druppelverdroging op die blaar, plaasvind. Dit kan tot ’n vertraagde en verlengde opnameproses lei, wat die spuitdruppel meer tyd gee om die gewas te skroei. Daarom is dit belangrik om slegs geregistreerde tenkmengsels te gebruik met ’n bewese rekord van effektiwiteit en verenigbaarheid. Dit is ook belangrik om vertroud te wees met die spesifieke uitdagings van die waterbron, en om ultra-suur produkte te alle tye streng volgens etiketaanbevelings toe te dien.
Villa se mening
Alle vorme van onverenigbaarheid, hetsy sigbaar of subtiel, kan ’n vernietigende invloed op effektiwiteit hê. Dit is belangrik om ’n deeglike kennis van die omgewing se watergehalte te hê en om hoërisiko tenkmengsels te vermy. Net omdat ’n GBP-kombinasie suksesvol met een waterbron gespuit kan word, beteken nie dat dit met alle waterbronne die geval sal wees nie. Kontak jou Villa landboukundige vir meer inligting oor byvoegmiddels en watergehalte.